Wel ek bieg ek was die meester
Geweet hoe om jou te beheer
En elke tree wat jy loop
Ek was altyd twee tree voor
Niks het jou ontgaan nie
Ek sit ek drink en ek dink
Aan daai stukke van ons lewens
Wat nou stadig by my keel opdruk
My mond word droog en ek sluk
En ek staan op en ek loop uit
En ek gooi op want ek sien jou nie meer nie
Ja ek bieg ek was die meester
Geweet hoe om jou te speel
En elke woord wat jy hoor
Ek was altyd twee woorde voor
Ek kan dit nie verstaan nie
Ek sit ek stink en ek dink
Aan daai stukke van ons lewens
Wat my maag op en af laat skud
My mond word droog en ek sluk
En ek staan op en ek loop uit
En ek gooi op want ek sien jou nie meer nie
Die brandewyn laat my vergeet
Ek meng dit met Coke my hele lewe
Ek meng dit met jou en ek
Staan op en ek loop uit en ek
Gooi op want ek sien jou nie meer nie