Die Kaalkop Waarheid - Biegelied lyrics

Published

0 276 0

Die Kaalkop Waarheid - Biegelied lyrics

Wel ek bieg ek was die meester Geweet hoe om jou te beheer En elke tree wat jy loop Ek was altyd twee tree voor Niks het jou ontgaan nie Ek sit ek drink en ek dink Aan daai stukke van ons lewens Wat nou stadig by my keel opdruk My mond word droog en ek sluk En ek staan op en ek loop uit En ek gooi op want ek sien jou nie meer nie Ja ek bieg ek was die meester Geweet hoe om jou te speel En elke woord wat jy hoor Ek was altyd twee woorde voor Ek kan dit nie verstaan nie Ek sit ek stink en ek dink Aan daai stukke van ons lewens Wat my maag op en af laat skud My mond word droog en ek sluk En ek staan op en ek loop uit En ek gooi op want ek sien jou nie meer nie Die brandewyn laat my vergeet Ek meng dit met Coke my hele lewe Ek meng dit met jou en ek Staan op en ek loop uit en ek Gooi op want ek sien jou nie meer nie