Steve Hofmeyr - Ons Sal Dit Oorleef lyrics

Published

0 230 0

Steve Hofmeyr - Ons Sal Dit Oorleef lyrics

Daar's 'n land en 'n volk in een taal gedoop Met gebede en buskruit en bloed gekoop Wat weer en weer van sy knie af moet streef Ons sal dit oorleef Uit die kake van oormag deur die vuur op ons werf Staan die engele by ons vroue en die kinders wat sterf Elke grafsteen een standbeeld vir die wat bly leef Ons sal dit oorleef My hart klop toktokkie waar hy breek vir my volk Voor die kakie kanon of die kryger se dolk Dit maak nie meer saak nie waar ons ons begeef Ons sal dit oorleef Ek lig my oë tot die berge op Waar sal my hulp tog vandaan kan kom Ag my God jou woorde lê deur my geweef Ons sal dit oorleef Ek staan vandag op jou plaas ou vriend Daar hang stof oor die stilte sovêr ek kan sien Maar die geeste van gister sal more herleef Ons sal dit oorleef Dankie o God vir die vermoë, dankie o Here wat U my geleer het, en wat U vir my so gratis geskenk het, vandag gee ek alles terug, tot eer en verheerliking van U naam en die uitbouing van U koninkryk