Piet Botha - O My Heiland lyrics

Published

0 96 0

Piet Botha - O My Heiland lyrics

Daar's 'n kêrel wat staan by die deur Gecollar en getaai En hy soek geld voordat hy gaan waai Sy oë die kan jy nie sien Oor die bril wat hy dra Hy is baie ernstig hy gaan nie weer vra Maar niemand weet wie wat moet betaal En niemand weet hoeveel Maar die wiele moet draai En die mense wil speel In huise van hartseer Strate van reën Op paaie sonder grense Oor en weer en weer 'n keer En Liefde moet gaan dans vanaand Met die man wat daar buite staan O my Heiland wat nou wat nou? O my Heiland o my Heiland Wat nou , wat nou? By die bushalte net duskant Matlapeng Het die profeet gesit en gewag Maar die bus wat vir hom moes kom haal Het in die donker verdwaal En die mense,tevergeefs het hulle gebid Deur die nag En toe hy die volgende dag eers daar opdaag Was daar niemand wat meer vir hom wag O my heiland wat nou?