Die Melktert Kommissie - Wegraak lyrics

Published

0 151 0

Die Melktert Kommissie - Wegraak lyrics

Wegraak, wegraak Teruggaan en als regmaak Weer probeer 'n Tweede keer Drome kan mos waar word Weer te laat, weer te laat Spyt kom altyd wanneer hy wil My pen leen gedagtes En uitveër los wat reg is En als tussen-in maak my kwaad Skribbel, skrabbel, screw dit Skrap dit uit Flui-fluit, die storie word toegesluit Secret woorde, stok on spore Ek wens ek kon die thoughts wegsmyt Terugpraat, terugpraat My tong bly soms net 'n bietjie te glad My woorde word al skerper En hardloop vir my weg En gaan skuil agter iemand se haat Gister se sondes kom kuier weer vandag Die engele leer vloek En die duiwels lê en lag Paranoia word my enigste maat Spyt kom altyd net te laat Krokodiltrane rol weer oor my wang Dit is die byt wat my bangmaak En die spyt waaraan ek hang Wat as iemand uitvind En wat as almal begin praat Vinger wys is sonde Maar sonde bly 'n vraat Dit vreet my vreet my vreet my op Net sodra ek opstaan en vergeet stamp ek my kop Hou kop hou kop baby hou net vas Hou kop hou kop baby hou net vas Skribbel, skrabbel, screw dit Skrap dit uit Flui-fluit, die storie word toegesluit Secret woorde, stok on spore Ek wens ek kon die thoughts wegsmyt