Die Melktert Kommissie - Tussen Blaaie lyrics

Published

0 164 0

Die Melktert Kommissie - Tussen Blaaie lyrics

-verse daar, waar als stil was, dans ek alleen en kaal en fluister ek woorde in my emosietaal in die hoeke van jou trouring kruip ek weg opsoek na nuwe drome en ‘n nuwe blyplek -chorus tussen blaaie van ‘n woerdeboek het ek verdwaal en soek ek jou angstig in ‘n lettergreep verhaal want tussen die blaaie van ‘n woordeboek het ek bly lê en lees ek tussen lyne omdat ek jou so graag wou hê -verse op die langpad terug koop ek vir my ‘n kruis nie van houd nie maar van been om my te troos as jy daar is en ek alleen en jy sê ek sit vierkantig in jou hart en jy sal altyd liefbly vir my soos asemhaal -chorus -verse toe die lug weer, ruik na see sing ek net vir jou waar steenbokke eens ontmoet het was jy deur my tienerdrome omvou en ons swem in ons eie trane en baljaar in ons eie seer en lag saam oor hoe maklik dit sou wees om in te gee -chorus tussen blaaie van ‘n woordeboek moes ek vergeet omdat die realiteit al die liefde sou uitvee uit die blaaie van ‘n woordeboek moes ek opstaan omdat duisende sinne nie een van ons vrae kon verklaar