Die Melktert Kommissie - Spinnerakke lyrics

Published

0 140 0

Die Melktert Kommissie - Spinnerakke lyrics

-verse spinnerakke teen my muur en aan my siel die son het lankal verdwyn spinnerakke om my glas spinnerakke hou my vas die kokkerotte drink my wyn tussen skadu's dink ek weer aan jou en dans saam met die vlamme wat die spinnekoppe weghou tussen skadu's wat saamsing teen my muur soek ek na jou silhoeët tussen spinnerakke in elke uur -chorus x 2 en aan staal snare verduidelik ek my hart en aan staal snare knoop ek jou styf vas maar hoekom kuier jy net in my storieboeke jy dwaal in my gedagtes diep in my droom en hoekom probeer ek jou karakter uithaal en vlees en bloed met elke soen in jou hart inblaas jy laat my wonder jy laat my treur gisteraand het jy jou lippe aan my siel afgevee jy bly onskuldig ek bly lief vir jou dis onregverdig dalk hou ek net te veel van jou -verse spinnerakke teen my muur en aan my siel die son het lankal verdwyn spinnerakke om my glas spinnerakke hou my vas jy drink stilletjies weer van my wyn van my wyn