Die Heuwels Fantasties - Pêrels en Lewensredders lyrics

Published

0 244 0

Die Heuwels Fantasties - Pêrels en Lewensredders lyrics

Ek het nog altyd gedink dat my laaste asem Sal nie 'n ernstige gebeurtenis wees nie Die heildronk 'n Vol hart rol uit by die mond Gespe my vas by die ruit Ons sal hard moet ry as ons daar wil uitkom Of rol die film net agteruit Dis in elk geval my herinnering Die teraardevera**ing Op die rug van 'n wind wat my gedagtes kon verander Herwinbare organe Lankal oorgedra en uitgeplant Die heildronk Waarvan die hart vol is rol uit by die mond Gespe my vas by die ruit Ons sal mooi na mekaar moet kyk as ons hier wil uitkom Of rol die film net agteruit Dis in elk geval my herinnering 'n Leë hart rol uit by die mond En op teen 'n leer Hoe hoog is 'n hoog genoeg lewensredderstoel Ons val uitspattig soos pêrels Skynbare pêrels op 'n strandvloer Want dit is maklik om te vergeet Dat die bed wat jy maak Is die een waarin jy nou moet slaap So kom ons speel langs 'n afgrond Daar waar die Kaap van Goeie Hoop Twee blou damme laat kopstamp Want dit bly maklik om te vergeet Dat die bed waar jy slaap Is die een wat jy weer moet opmaak