Die Heuwels Fantasties - Oorlewing 101 lyrics

Published

0 222 0

Die Heuwels Fantasties - Oorlewing 101 lyrics

Hang, hang aan die hemel En skop om dig grond Maar hier, hier rond is daar Niks meer oor vir ons nie Middelmatigheid Ons voorland en ons vrees Jy sal moet vashou En leer om dit te ignoreer Ons veg om oorlewing Ons bewys ons bestaan In 'n tweeslaapkamerwoonstel Waar jy sukkel om te slaap Ons kaste is leeg En ons traankliere soveel leër Ons laaste spandeer Om die vaal dae in te kleur Ek wag geduldig vir die dag Die dag breek dig oor 'n jong gesig Die sonstrale breek deur blou lug en blare As ek dit net met oortuiging kan doen Onder die wilgerboom kom ek vermom Saggies in jou oordrom Gesê ek sou jou vir altyd kon vashou Gesê jy sou my kon vertrou Ons veg om oorlewing Ons bewys ons bestaan In 'n tweeslaapkamerwoonstel Waar jy sukkel om te slaap Ons kaste is leeg En ons traankliere soveel leër Ons laaste spandeer Om die vaal dae in te kleur Wag vir my daar by die brug Ons kan hier uitkom as ons wil Ons moet net wil In hierdie verniet Vibracrete Verbruikersvriendelike paniek Hiperventileer ons Masturbeer die dae ons Afhanklikes van wat ons is Matigheid voor oë Stadig oor die klippe Hou die blink kant bo Ons veg om oorlewing Ons bewys ons bestaan In 'n tweeslaapkamerwoonstel Waar jy sukkel om te slaap Ons kaste is leeg En ons traankliere soveel leër Ons laaste spandeer Om die vaal dae in te kleur