Die Heuwels Fantasties - Klein Tambotieboom lyrics

Published

0 348 0

Die Heuwels Fantasties - Klein Tambotieboom lyrics

As die donker my kom haal En die here my nie soek nie As die osoonlaag vergaan En in 'n kandelaar van sterre val Begrawe my hart op Klein Tambotieboom En strooi my as oor die Bosveldhorison Jy het nie 'n graad nie En jy het nie 'n kredietkaart nodig nie Om in die agterplaas soos 'n kind te baljaar En die verte in van 'n krans af te staar Die gelukkigste wat ek ooit was Op die naat van my rug in die natuurreservaat Die wind sing my naam En deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag As die donker my kom haal En die here my nie soek nie As die osoonlaag vergaan En in 'n kandelaar van sterre val Begrawe my hart op Klein Tambotieboom En strooi my as oor die Bosveldhorison Geïsoleer in donderweer Ver van die wolkekrabbers Net die atmosfeer wat aan ons kleef En 'n wolkbreuk wat my boekdeel spreek Jy weet ek het nie Ek het nie 'n agenda nie Die gelukkigste wat ek ooit was Op die naat van my rug in die natuurreservaat Die wind sing my naam En deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag As die donker my kom haal En die here my nie soek nie As die osoonlaag vergaan En in 'n kandelaar van sterre val Begrawe my hart op Klein Tambotieboom En strooi my as oor die Bosveldhorison (2x)