Die Heuwels Fantasties - Hyg Duiwel lyrics

Published

0 247 0

Die Heuwels Fantasties - Hyg Duiwel lyrics

My keel is vol kernkrag vandag Gaan die waarheid seermaak Jaag duiwel, jaag 'n Spartelsweet in spanning Gehawend, verhard Skrif teen die muur Gesensuur Dra my op gewonde hande Elke huis met sy kruis versier In alle erns, ek moet bieg Duimgooi kry jou nêrens nie Dit wat my betaam My swerwersbestaan 'n Lekhart vir die somerkwartaal 'n Soendood Dit wat oor my lewer loop Hyg, jaagduiwel, hyg Afvlerk, my vriende, vlerkaf Dis doodeenvoudig Te vroeg die moederskoot verlaat Geslagsryp Egalig, immergroen Droogmaak druipeling In sy deftige voorstad versoen Dra my op gewonde hande Laat dit juig as ons ons skandes vier In alle erns, ek moet bieg Tyd genees nie gene nie Dit wat my betaam My swerwersbestaan 'n Lekhart vir die somerkwartaal 'n Soendood Dit wat oor my lewer loop Hyg, jaagduiwel Hooggesweef Te laag verdwaal, wat my vertraag Die skuif van die desimaal Kom ons stel dit uit Vergewe my kranksinnigheid My afwesige vertoning My repertoire verskonings Dit wat my betaam My swerwersbestaan 'n Lekhart vir die somerkwartaal 'n Soendood Dit wat oor my lewer loop Dit wat my betaam My swerwersbestaan 'n Lekhart vir die somerkwartaal 'n Soendood Dit wat oor my lewer loop Hyg, jaagduiwel, hyg