Die Heuwels Fantasties - Die Vraagstuk lyrics

Published

0 281 0

Die Heuwels Fantasties - Die Vraagstuk lyrics

Dis Jack Parow, Johnny, Pierre, Hunter Die reënboogperde Rol ons hierdie jol nou, fokkit Awê Ek soek kaffeïen, ek soek nikotien, ek soek my steak gaar Ek soek 'n meisie wat wag as ek dronk uitstap by die bar Ek soek 'n enkel, ek soek 'n dubbel, ek soek 'n trippel sonder vra Ek soek 'n wensmasjien, so as ek vra is alles kla daar Ek soek meisies sonder high heels, ek soek meisies sonder base Ek soek meisies wat saam met my staan en vir almal dit wys Ek soek regte vriende, vriende wat deur alles staan by my Ek soek vriende wat die heeltyd by dieselfde styl bly Ek soek my jeans los, ek soek my hare een kleur Ek soek 'n lewe sonder dwelms, want ek weet wat gebeur Ek soek dronk inhibisie, ek soek uitkyk en 'n visie Ek soek minder wannabes en meer mense met 'n missie Ek soek minder MTV, ek soek mense wat in hulle psige delf Ek soek net fokken mense wat fokken dink vir hulle self Ek soek goeie waves, ek soek parties op die strand Ek soek 'n yskoue bier en 'n joint in my hand Die mens is 'n tropdier, dis saamwerk wat klop hier Ons het nie meer die energie om hierdie fakkel agterna te jaag nie Geen vrae op hierdie antwoord nie Ons het nie meer die energie nie Ek soek kruise, ek soek labels, ek soek engele, ek soek duiwels Ek soek mense met messe, ek soek mense met bybels Ek soek mense wat hou van trippop, ek soek mense wat hou van trans Ek soek mense wat hou van hiphop en langarm dans Ek soek poppies, ek soek gangsters, ek soek jocks, ek soek boere Ek soek mense wat drink, kots en kruip oor die vloere Ek soek parties by Evol, ek soek parties by die shack Ek soek parties by Danskraal, ek soek parties by my flat Ek soek Castle, ek soek Hunters, ek soek port, ek soek wyn Ek soek die Cane Train, ek soek bottels brandewyn Ek soek water, ek is dors Ek soek tjops, ek soek wors Ek soek mense wat nie kwaad raak nie as ek mors Ek soek liefde, ek soek haat Ek's bly, dan is ek kwaad Ek soek mense wat by my kuier tot dit laat raak Ek soek drinking games waar niemand ooit wen nie Ek soek 'n bar waar ek kan drink waar niemand my ken nie Die mens is 'n tropdier, dis saamwerk wat klop hier Ons het nie meer die energie om hierdie fakkel agterna te jaag nie Geen vrae op hierdie antwoord nie Ons het nie meer die energie nie So wie gaan by my staan in die koue oggendryp Wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip Wie gaan lê in my arms as die tortelduiwe roep, as die son opstaan opsoek na vars bloed Want vriende bly vriende maar jy staan eintlik alleen As die donderweer slaan, staan jy alleen in die reën As die vloede kom, soek jy alleen vir 'n brug Ek stap in donker strate opsoek na 'n straatlig Die enigste ligte in die nag is die vure van hel Die enigste vriende wat jy het, het al lankal geval In die donker ure skink net duiwels nog 'n dop Satan sit saam't sy kinders en kyk hoe kom die son op Die mens is 'n tropdier, dis saamwerk wat klop hier Ons het nie meer die energie om hierdie fakkel agterna te jaag nie Geen vrae op hierdie antwoord nie Ons het nie meer die energie nie Wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip Ons het nie meer die energie Die son opstaan opsoek na vars bloed Ons het nie meer die energie (2x) As ek op die dood is, wie gaan langs my bed sit en vir my bid Wie gaan in die grys mis blomme op my graf sit Ag fokkit, klaar geworry, ek's klaar As jy my soek, ek is die ou met die snor by die bar