In Bloemfontein het Jonker die wyn geproe en sy hart verloor op 'n meisie skaars ouer as negentien maar hy't haar nooit weer gesien want toe hy wakkker word was ons al verby Beaufort en die pad na die suide lyk sommer beter Elke keer dan wonder ek wat soek ons alweer hier op die harde pad want hard is hy boetie dis waar en dan partykeer sag soos die reen laat die wiele rol Ou Jackson In die kaap was hulle altyd baie goed vir ons In die suburbs, in die stad, in Stellenbosch en op die weskus ook By Vredendal het die kaarte vir ons reg geval en ons se dankie dankie vir die brood en wyn en 'n sak vol silwer Hier gaan ons alweer met 'n sak vol drome en die sekelmaan
en die myle word nooit minder nie dit hang net af waar jy staan Laat die wiele rol Ou Jackson Die N2 loop verby Kuilsrivier al langs die ooskus op Wildernis en Jeffreysbaai en Port Elisabet Die reen het geval en die wind het gewaai maar ons was konings In die baai en Paulus het baljaar met tamboeryn en simbaal en die lang man lyk of hy lekker kry wat 'n wonderlike lewe Ja dis maljan en die harlekyn en jou skaduwee Skuins na middernag in die donker kaart gespeel Gee net nog 'n bietjie meer en 'n bietjie langer en laat die wiele rol, laat die wiele rol Ou Jackson